Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Alicia Francke

Alicia Francke vertolk deur Dorette Potgieter

Hierdie 33-jarige vrou is ʼn uitgewer wat jong skrywers raakloop, oplei en grootmaak na haar hand, gewoonlik in haar slaapkamer. Sy het ʼn raak oog vir talent en weet hoe om skrywers te manipuleer om te doen wat sy wil hê. Sy is sensueel, verleidelik en kry altyd wat sy wil hê. En sy wil haar maatskappy, die Francke Uitgewery, ontwikkel tot die beste in die land met een van haar gewildste skrywers op wie sy ook verlief is, Jacques Rynhard. Maar sy kan hom nie kry nie en dit maak van haar ʼn gefrustreerde en venynige mens.

Dorette Potgieter

Dorette Potgieter is sedert die 1980’s ’n bekende Suid-Afrikaanse aktrise met ’n CV wat strek van film, televisie en teater tot radio. Sy het al met nasionale en internasionale regisseurs gewerk en in 1997 het sy ’n bekende naam geword met haar rol as Susan Bosman in Egoli. Van haar hoofrolle in televisiereekse sluit in: Rhythm City, Hard Copy, Soutmansland, Villa Rosa, Plek van die Vleisvreters – en sy was die oorspronklike aanbieder van die Glitterati TalkShow op kykNET in 2007 en 2008. Dorette verskyn in die film Born to Win deur Frans Cronjé, wat Augustus 2014 vrygestel is. Haar karakter Wanda keer ook terug na Villa Rosa op kykNET. Sy is tans besig om deur Suid-Afrika te toer met die komedie Hotel Vleispaleis en was as Sandra Cilliers in die dramareeks Vloeksteen 1 & 2 te sien. Sy het ook verskyn in ’n TV-advertensie van Toyota Carolla as Mrs. Siebert in Alle Macht den Kindern (Power to the Children) en in die PSA One Billion Rising. Haar TV-advertensies strek van die Timotei sjampoe-meisie tot Cell C for Cinema, OBI for Russia, Olga Magnum, Orange Cellular Communication, White and McKay Whisky, Pick n Pay, Savanna Cider, BMW en nog vele ander. Dorette se stemkliënte strek vanaf die Departement vir Kultuur en Sport, die Wes-Kaapse Regering, Pick n Pay, Lindt Chocolate, Mac Grimering, FNB Finansiële Dienste Verskaffer, Mediese Ondersoeke vir SABC, Chevrolet, East Rand Mall, Standard Bank, Nature Conservation Western Cape, De Beers Diamonds en ook ’n verskeidenheid van radio dramas op RSG Radio Dramas. Op die internasionale mark het sy al vir die Kanadese, Amerikaanse, Duitse, Franse en Engelse uitsaaiwese gewerk. Dorette het ook betrokke geraak by ’n multi-media-projek, Ons Billion Rising ’n veldtog deur vroue vir vroue wat daaroor gaan om geweld en geslagsdiskriminasie te beëindig. As ’n vervaardiger van verhoogstukke en musiek vir film en TV sedert 2006, probeer Dorette nou nuwe hoogtes bereik met die ontwikkeling en medevervaardiging van ’n realiteitsprogram op TV en ook die aanbieding daarvan.

Vennote & Borge