Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Carina Human

Carina Human vertolk deur Donnalee Roberts

Hierdie 32-jarige meisie is ʼn dapper, hoogs intelligente maar gefrustreerde joernalis wat tans by die skindertydskrif Montage werk. Maar eintlik wil Carina soos haar legendariese joernalis-pa wees: onverskrokke, briljant en veelbesproke en wil sy by Rapport werk as misdaadverslaggewer. Carina werk op haar instink, tog wil haar emosies haar kort-kort kniehalter in haar pad na uitmuntende, nugtere joernalistiek sonder sensasie. Na ʼn gebroke verhouding is daar boonop ʼn tekort in haar lewe en soek sy onbewustelik na haar geesgenoot gekoppel aan haar ideale loopbaan.

Donnalee Roberts

Akteur, skrywer en vervaardiger Donnalee Roberts is bekend vir haar rol as Amory in die 2014 lokettreffer-rolprent Pad na jou Hart, wat by die Tempo-toekennings Beste Film van die Jaar 2014 gewen het en waarvoor Donnalee ook die toekenning vir Beste Aktrise van die Jaar gewen het. Donnalee is ook agter die skryf, vervaardiging en bemarking van die film saam met Ivan Botha en Danie Bester. Sy speel in 2015 die hoofrol van Carina Human in die filmverwerking van die bekende televisiereeks Ballade vir ’n Enkeling. Donnalee is die medeskrywer, mede-vervaardiger en speel die hoofrol in die 2016 film Vir Altyd. Donnalee is die mede-eienaar van die Produksiemaatskappy 17FILMstreet Media wat daarop fokus om kwaliteitstories te skep wat die film- en televisiebedryf vorentoe dryf. 17 FILMStreet Media spesialiseer in die ontwikkeling, vervaardiging en bemarking van films en die span is tans besig met die bemarking van Ballade vir ’n Enkeling (20 Maart 2015) en die storie-ontwikkeling van die nuwe romantiese avontuurfilm Vir Altyd wat op 12 Februarie 2016 vrygestel gaan word. Sy het ook die rol van Annelie van Heerden in die SABC2 sepie 7de Laan gespeel en het in 2013 die hoofrol van Cybil Ferreira in die film Klein Karoo vertolk. Donnalee het by die Universiteit van Pretoria haar BA Drama-graad ontvang, sy het 'n verdere twee-jaar filmskoolkursus by die PALI (Performing Arts and Lifestyle Institute) filmskool in Pretoria voltooi en in 2012 het sy by die New York Film Academy studeer waar sy 'n diploma in toneelspel vir film ontvang het.

Vennote & Borge