Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Danie Bester

Vervaardiger

Danie Bester het oor die afgelope ses jaar 16 vollengte films vervaardig en word deur baie mense beskou as ’n sleutelpersoon in die hernuwing van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf. Danie het in 1993 sy matriek aan die Hoër Jongenskool Paarl voltooi. Daarna het hy BCom Bemarkingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria studeer waartydens hy ook ’n bekende platejoggie op Radio Tuks (TuksFM) was. Hy het in 2002 sy honneursgraad (cum laude) aan AFDA in Rolprent Medium verwerf. Tydens sy finale jaar het hy verskeie toekennings ontvang en is aangewys as Beste Skrywer, Beste Regisseur en Beste Vervaardiger. Danie was die vervaardiger van Ouma se Slim Kind, Suid-Afrika se amptelike inskrywing in die buitelandse filmkategorie van 2008 se Oscar-toekennings. Hy het ook pryse ontvang vir die kortfilm Skitterwit (M-Net New Directions), Die Gevoelsorgaan (AFDA) en Cameraboy (M-Net Edit), waarvan hy die vervaardiging, regie en skryfwerk behartig het. Aan die begin van 2007 was Danie een van twee vervaardigers wat deur die Nasionale Film en Videostigting (NFVF) gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Rotterdam Lab – ’n program wat jong vervaardigers van regoor die wêreld die kans bied om besigheidsverbintenisse te vorm. Hy was ook een van drie plaaslike filmmakers wat Suid-Afrika by die Berlin Talent Campus (BTC) verteenwoordig het. Die BTC is ’n program wat tydens die Berlynse Filmfees aangebied word. Danie is ook ’n gegradueerde van die hoogs aangeskrewe Trans Atlantic Partnership – ’n ko-produksie-inisiatief tussen Europa, Kanada en die VSA. In 2011 het hy die Mr Video-toekenning gewen as die vervaardiger wat die grootste bydraes tot die plaaslike film-industrie gelewer het. Danie was betrokke by die vervaardiging van meer as 100 advertensies en musiekvideo’s. Maatskappye waarvoor hy al gewerk het, sluit in Nike UK, Sony USA, Czar Belgium, Happiness Brussels en SAB. Hy het ook die regie en vervaardiging behartig van musiekvideo’s vir kunstenaars soos Jesse Clegg, Karen Zoid, Mandoza, Tumi and the Volume en die jazz-legendes, Sipho Gumede en Pops Mohammed. Bakgat! was die eerste Afrikaanse tienerkomedie en die sukses daarvan het gelei tot die vervaardiging van Bakgat! 2 en Bakgat! 3. Danie het ook as vervaardiger opgetree vir Superhelde, Ek Joke Net, Night Drive en Roepman, wat die eerste Afrikaanse vollengte-film was wat in teaters in die VSA vrygestel is. Ander films, wat onder sy leiding as vervaardiger, groot sukses by die loket behaal het, was Hoofmeisie en Wolwedans in die Skemer, asook die rolprent Verraaiers wat groot lof ontvang het en die onlangse Musiek vir die Agtergrond. Films wat in 2014 deur The Film Factory vrygestel word, sluit in Pad na jou Hart, die sbujwa-dansfilm Hear Me Move en die poetsbak-film, Ek Joke Net! 2. Danie verskuif stelselmatig sy fokus na internasionale ko-produksies, fasiliteite en die ontwikkeling van plaaslike produksies wat internasionaal vrygestel kan word. The Film Factory is in 2004 deur Danie gestig en is een van die mees produktiewe vollengte-film produksiehuise in Suid-Afrika. Die maatskappy ontwikkel, bevonds en vervaardig vollengte films in ’n diens-, ko-produksie- en produksiekapasiteit. The Film Factory is ’n voorloper in die filmbedryf en word beskou as ’n pioniersentrum vir vernuwing en uitnemendheid.

Vennote & Borge