Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Dries Scholtz

Lynvervaardiger

As die seun van die bekende filmmaker, André Scholtz, het Dries grootgeword in ’n omgewing waar kameras, draaiboeke en ligte aan die orde van die dag was. Vanaf ’n jong ouderdom het hy geweet dat hy in sy pa se voetspore wou volg. In 2005 het hy betrokke geraak in die industrie as produksie-assistent op die televisiereeks Dryfsand. Hy het sommer vinnig vir homself naam begin maak en het op verskeie reekse die rol van eenheidsbestuurder beklee. Hy het ook gou in die film-industrie begin werk aan films soos Mr Bones 2, Bakgat! 2 en District 9. Nadat hy verskeie suksesvolle projekte voltooi het, het Dries besluit dat die geleentheid hom voorgedoen het om meer kreatief te raak en het hy by The Film Factory se sustermaatskapy, Fix Post Productions, aangeklop. Hy het daarna as assisstent-redigeerder aan Wolwedans in die Skemer, Hoofmeisie en Bakgat! 2 gewerk. Dries se volgende stap was om saam met sy vennoot, Danie Bester, die rol van vervaardiger aan te neem en was gevolglik die vervaardiger van Ek Joke Net! 1 en Ek Joke Net! 2. Hy was ook die lynvervaardiger en na-produksie toesighouer van die nuwe romantiese avontuurfilm Pad Na Jou Hart wat in Februarie 2014 in teaters vrygestel is. Intussen het Dries sy eie maatskappy, Dagdroom Produksies, begin.

Vennote & Borge