Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Gavin Greeff

Gavin Greeff vertolk deur Zak Hendrikz

Gavin is ʼn tipiese selfsugtige manlike chauvinis wat vrouens (en ander mense) meedoënloos gebruik om sukses te behaal. Hy is gewetenloos en beskou sy skindertydskrif Montage as ʼn magsbasis vanwaar hy mense kan misbruik, manipuleer en beheer. Hy is nie in staat tot liefde nie, want hy het net homself lief. En ʼn ou wrok dwing hom om lewens te vernietig en sy personeel van hom te vervreem ten koste van verkoopsyfers. Die storie is die belangrikste, nie mense of hul gevoelens of privaatheid nie. Selfs sy vrou het hom onlangs verlaat. Sy bynaam onder sy personeel is ‘Walgwors’.

Zak Hendrikz

Zak verwerf sy diploma in Musiek Teater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Hy werk as regisseur en choreograaf op verskeie musiekvideo’s en produksies, onder andere Equus, Bagasie, White Powder, Onderwêreld, Willem Poprok, Piekniek op die Slagveld, Lien se Lankstaanskoene en die produksie Krotoa wat befonds is deur die KKNK. Hy is ook mede-regisseur en vervaardiger van die familie-muskiekspel African Adventure wat ʼn Naledi-toekenning in 2012 verwerf het. Musiekvideo’s sluit in vele Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Jani, Wouter Kellerman, André G. Nel en Suzi and the Swans. Sy film- en TV- krediete sluit in Bakgat! 3, Leon Schuster se Mr Bones in Durbs, Donkerland, Sterlopers, Laugh Out Loud 5 en die rol van Gerhard in Askies. Onlangs was hy te sien in die teaterproduksie I Have Life - Alison’s Journey waar hy die rol van Frans du Toit vertolk het. Ander teaterkrediete sluit in Starlight Express, Reza de Wet se Drif, Reik na die Sterre: Die Musical, Footloose, Hair, The Rocky Horror Show, Houtkruis: Die Musical, Spongebob Square Pants: Die Musical, Janice Honeyman se Peter Pan en Snow White, Mysterious Skin, Ballade vir ʼn Banggat, Joseph and his Amazing Technicolor Dreamcoat, en Grease – wat in 2010internasionaal getoer het. Hy was ook vroeër vanjaar in die musiekblyspel Droomkind, waar hy die rolle van Simon en Doepie, die drankwinkel-eienaar vertolk het.

Vennote & Borge