Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Gert Grové

Gert Grové vertolk deur Miles Petzer

Hierdie misdadiger-skoolseun is 15 en is in Denneberg Verbeteringskool opgesluit nadat ʼn gewapende rooftog skeefgeloop het en hy verantwoordelik was vir ʼn opsigter se dood. Gert is uit en uit ʼn psigopaat sonder enige gewete of gevoelens vir enigiemand behalwe homself. Hy is selfsugtig maar is tog onbewustelik bang vir waartoe hy in sy donkerste ure in staat is. En hy haat enigiemand wat suksesvol is.

Miles Petzer

Miles Petzer is fanaties oor toneelspel, skryf en regie, al sy tyd, energie en passie gaan hierin. Afkomstig van die tuisland van Paul Kruger en Jack Parrow, het Miles aan die Tshwane Universiteit gegradueer met ’n BTech-graad in Drama en Film. Daarna is hy betrokke by verskillende teaterstukke vanaf Shakespeare se Othello en Henry V tot Nicholas Ellenbogen se Horn of Sorrow. In film verskyn hy in Richard van der Westhuizen se Dinner for Two en in televisieprogramme is hy te sien as James in Binnelanders en Captain van der Merwe in Hallo Hallo. Miles sal ook binnekort sy verskyning in Ballade vir ’n Enkeling as Gert Grové maak. Hy is ook tans besig om in sy eie komedie The State of the Nation in en om Johannesburg te speel. Miles benader sy werk met belangrike karaktertrekke soos veelsydigheid, begrip en professionaliteit en in sy vryetyd lees hy graag of gaan vir lang uitstappies op die strand. Miles hou van kitaar speel, om kinders te help in werkwinkels oor drama, dans en sang. Hierdie jong man is lief vir die lewe, lief vir God en lief vir goeie kos. Hou dié spasie dop...

Vennote & Borge