Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Jacques Rynhard (Snr)

Jacques Rynhard (Snr) vertolk deur Armand Aucamp

Na ʼn traumatiese verlede besluit hierdie standvastige, romantiese, slim en gedrewe 34-jarige man om te leer uit die foute wat hy in die verlede gemaak het. Hy is ʼn briljante skrywer wat nog altyd deur venynige redakteurs en uitgewers misbruik is om munt uit hom te slaan. Maar met sy geweldige kapasiteit vir liefde (veral vir sy meisie, Lena), en met al die deernis wat hy vir mense het, misbruik sy vyande sy goedheid om hom tot hul voordeel aan te wend. Tog, met sy ysere deursettingsvermoë, onbetwisbare talent en geloof in homself druk hy deur enige struikelblok om ʼn sukses van sy skrywersloopbaan te maak. Maar iewers waarsku iets hom dat daar ʼn gemis in sy lewe is. Vryheid is egter vir hom van kardinale belang.

Armand Aucamp

Armand is ’n Suid-Afrikaanse akteur wat vanuit Kaapstad en Johannesburg werk. Hy het in 2009 met lof gegradueer aan die Varsity School of Media and Creative Arts. Daarna het sy loopbaan as beide akteur en vervaardiger in TV, film, teater en radio begin. Oor die afgelope vyf jaar is Armand besig met plaaslike en internasionale werke. Sy jongste televisie-krediete sluit die volgende in: Sterlopers, Pandjewinkelstories, HBO se Homeland Season 4 en ook The Book of Negros, waarin Cuba Gooding Jr. en Aunjanue Ellis speel en wat vroeër vanjaar in die Kaap en Kanada verfilm is. Armand het ook al in ’n aantal internasionale speelfilms verskyn, soos: Mandela: Long Walk to Freedom, Chronicle en Mankind. Armand het ook onlangs twee plaaslike speelfilms afgehandel: Knysna en Die Ontwaking wat in 2014 vrygestel word. Hy verskyn ook in die opspraakwekkende kortfilm Almon, Henry, waarin hy saam met Nataniël gesien kan word. Tans is Armand besig om Ballade vir ’n Enkeling te verfilm wat op 20 Maart 2015 in teaters verskyn.

Vennote & Borge