Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Jan-Paul Otto (Jnr)

Jan-Paul Otto (Jnr) vertolk deur Luan Jacobs

Klein Jan-Paul word in ʼn liefdelose huis groot. Sy ma het vroeg gesterf. Sy pa is ʼn argitek wat al sy aandag aan sy planne en huise bestee en goed vir klein Jan-Paul sorg, maar nooit vir hom genoeg liefde gee nie. Klein Jan-Paul het ʼn lafhartige streep in hom, en hy leef deur ander mense. Sy lewe is eintlik tweedehands. Jacques is sy held, en dit is vir hom wat Jan-Paul sê: (asof hy met homself praat), “moenie dink nie, doen net!” Alhoewel hy self nie altyd genoeg moed het om dit te doen nie. Hy is ʼn rykmansseun wat gewoond is om alles te kry wat hy soek (behalwe liefde) en wat nooit sy pa wil teleurstel nie. Hy is ook baie bang vir straf of om uitgevang te word dat hy oortree het. Hy besluit om eendag ʼn argitek te word omdat dit is wat van hom verwag word en omdat Lena hom altyd terg dat hy eendag haar ideale huis vir haar gaan bou.

Luan Jacobs

Luan het sy akteursloopbaan reeds op vierjarige ouderdom afgeskop waar hy gehelp het met bewusmakingsveldtogte in die TV-program Police File. Hy het Drama en Film aan die Universiteit van Pretoria studeer en in 2010 het hy sy studies voltooi. Hy het in toneelspel, regie en beweging gespesialiseer. Luan het die International Order of the Sword and Pen(IOSP) beurs tydens sy studies gewen en het die voorreg gehad om die eregeleentheid in Banff, Kanada by te woon. Hy het opleiding in toneel, fisiese teater en meestal verhoog-geveg daar ontvang deur bekroonde stunt-koördineerders soos Rick Skene, Eric Chen en Robert Goodman (Pirates of the Caribbean, The Dark Knight, Shanghai Noon en Kung Fu Panda). Sy filmkrediete sluit die volgende in: Die Hoohah King Steers Burger advertensie, The Van Rooyens, MonsterApp, die hoofkarakter in die studentefilm Gaslight, Natie’s Garage, Kobus Mulder in Binnelanders; Riaan van Dyk in 7de Laan, Blikaspaai, Vir Beter of Baie Beter, Geraamtes in die Kas, en Pandjieswinkelstories. Luan se verhoogstukke sluit onder andere in: The Witches, Hats, Rooikappie, Three Sisters, Macbeth, The Crucible en Somewhere on the Border. In 2014 toer Luan deur Suid-Afrika in die komedie Vettie Vettie saam met die komedie-legende Tobie Cronjé. Luan is ook ’n bedrewe regisseur wanneer hy nie sy talent as akteur beoefen nie. Hy het al ’n aantal produksies geskryf, regisseur en vervaardig, onder andere: Sak en Pak, A Dog's Tale, Kaftin, Kinders van die Wind, Buhlebemvelo: The Tale of Ukudela and Ukubuqua, (Op)Skrif, Kn(i)ee(s), A Day in the Life of Father Time, Kortgat, I am Therefore I am, Lisa, Nagaap: Die Ballade van Jantjie en Katryntjie, Die Toring van Baberton, Primrose Path en Hats. Sy liefde vir beweging het ook al vir hom talle rolle losgeslaan in produksies soos Black Wood, Hats, Three Wall Temple en One Way. Luan is ook ’n entoesiastiese stemkunstenaar vir RSG. Hy het al meer as 250 episodes van die gewilde radiodrama Ratels voltooi en het ook in baie ander radiodramas opgetree, soos die Sanlam-wenners: Koepel van Klip en Roald Dahl se Vel en Bully.

Vennote & Borge