Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Jan-Paul Otto (Snr)

Jan-Paul Otto (Snr) vertolk deur Jacques Bessenger

Hy is 34 jaar oud, gesofistikeerd, ambisieus en Jacques Rynhard se beste vriend sedert skooldae. Jan-Paul swot vir argitek in Boston en na sy pa se dood keer hy terug Suid-Afrika toe om sy argitekbesigheid oor te neem. Jan-Paul is eintlik ʼn introvert, ʼn man met min vriende wat homself privaat hou. Maar as hy vriende gemaak het, hou hy hulle vir altyd. Hy bewonder Jacques en wens dat hy soos hy kon gewees het. Maar alles in sy lewe is presies, georden en gedissiplineerd. En hy wens hy dat hy so onkonvensioneel en veral vry soos Jacques kon wees.

Jacques Bessenger

Jacques Bessenger het sy Nasionale Diploma in Drama aan TUT verkry en daarna sy beroep begin met ’n titelrol in die verhoogproduksie The Picture of Dorian Gray. Hierna het sy rol as Mossie in die gewilde kykNET-reeks Song vir Katryn sy loopbaan as professionele akteur gevestig. Hy het die rol van Renier in die SABC-reeks Erfsondes vertolk waarvoor hy in 2013 genomineer is vir ’n SAFTA- en ATKV-media-toekenning vir beste akteur in ’n dramareeks. Die Silwerskermfees 2013 het Jacques bekroon as die Beste Manlike Byspeler vir sy rol in die film Verraaiers. Ander hoogtepunte in sy loopbaan sluit die volgende in: teater – Die Kabaret, Die Afrikaner, The Zoo Story, The Crucible, Marat Sade; TV – Donkerland, Binnelanders, Isidingo, Villa Rosa, Jozi Streets, Justice for All; film – Wolwedans in die Skemer, Ordinary People, Huis van Liefde. Jacques is tans die direkteur van die ACT/DALRO/NEDBANK se beursprogram en mede-eienaar en afrigter by Acting On Screen met Lelia Estebeth.

Vennote & Borge