Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Klaus Rynhard

Klaus Rynhard vertolk deur Drikus Volschenk

Hierdie doodgewone, goedhartige en kalm treindrywer kon nooit vorder in die wêreld nie, veral omdat hy nooit die murg in sy pype gehad het om op te staan vir wat vir hom belangrik is nie. Hy is ʼn uitstekende masjinis en treine is sy passie – ʼn passie wat sy seun Jacques met hom deel. Hy vertroetel en bederf Jacques omdat hy in die seun die standvastige en talentvolle, gedrewe jong man sien wat hy nooit kon wees nie. Maar Klaus weet dat hy nooit in sy lewe of loopbaan sal vorder nie.

Drikus Volschenk

Drikus Volschenk is grootliks bekend vir sy rol as Coen in die sepie Binnelanders op kykNET. Drikus was in Potchefstroom op skool en matrikuleer in 1997 met vlieënde vaandels op verskeie gebiede: akademie, leierskap, kuns en kultuur, musiek en sport. Drikus het by die Noordwes-Universiteit ingeskryf en sy graad in Besigheidskommunikasie behaal. Hy het in Kunsgeskiedenis, Grafiese Ontwerp, Kreatiewe Skryfkuns en Toerisme gespesialiseer. Hy het daarna ook sy honneursgraad voltooi waar hy in Oudiovisuele-, Massa-, Besigheids- en Nuwe Media gespesialiseer het, 13 onderskeidings ontvang het en ook as Beste Student in Kommunikasiestudies aangewys is. Na universiteit is Drikus Londen toe waar hy skoolgegee het. Daar het hy deeltyds Musiekteater studeer aan die Guildford School of Acting. Na twee jaar in die Verenigde State het Drikus teruggekeer na Suid-Afrika waar hy as musiekstudent by die School of Motion Picture Medium and Live Performance (AFDA) aangesluit het. Hy het as skerm-akteur gegradueer met nominasies vir die Beste Manlike Hoofrolspeler en toekennings vir Beste Kortfilm en Toneelspel in professionele produksies vir televisie en die verhoog. Drikus het sy professionele loopbaan as deeltydse akteur in Januarie 2006 begin en het sedertdien al in talle televisieproduksies verskyn, onder andere: Isidingo, Amalia, Dit Wat Stom Is, Begeertes, City Ses'la, Villa Rosa, Generations, The Lab, Jozi-H, Hard Copy, Erfsondes, Egoli, 7de Laan, Riemvasmaak, Plein Street, die sitkom Askies en Interrogation Room. Hy het ook verskyn in die speelfilms Skin en Ace of Hearts in 2008 en die bekroonde film Skoonheid in 2011. Drikus het onlangs in die sepie Scandal op e.tv, Pandjieswinkelstories op kykNET en Swartwater op SABC verskyn. Tans is Drikus ’n gasleraar by AFDA in Johannesburg.

Vennote & Borge