Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Lena Aucamp (Jnr)

Lena Aucamp (Jnr) vertolk deur Christia Visser

Lena is ʼn vrydenkende plaasmeisie wat van kleins af prentjies teken. As die onderwyseres sê “b” staan vir “beet” het sy eerder ʼn beet geteken as om die woord te skryf. Kuns was al waarin sy haar kon uitleef, maar prentjies wat op ʼn naïewe manier geteken word. Haar ouers is eintlik afwesig in haar lewe en is so besig om hul loopbane na te volg, dat hulle Lena emosioneel verwaarloos. Sy kry vervulling by Jan-Paul jnr. en Jacques jnr. Want hulle word haar familie, ʼn troos teen haar disfunksionele gesin. Sy raak oombliklik op klein Jacques verlief omdat hy die interessantste van die twee is, en, aangesien hy ʼn skrywer is, die beste met haar kunssinnigheid identifiseer. Sy is ook lief vir vryheid en sal enigiets vir Jacques jnr. doen, want hy is haar ideale storieboekman – haar storiemaker wat die werklikheid kan versag met die mooiste stories wat sy ken.

Christia Visser

Christia Visser is ’n energieke en passievolle kunstenaar wat graag mense vermaak op ’n verskeidenheid maniere: dans, sing, toneelspel, en skryf- of stemkuns. Sy het klassieke stemkuns-onderrig by Koba Wicomb ontvang en dans al vandat sy agt jaar oud is. Haar akteursloopbaan het reeds begin op Stellenbosch Hoërskool waar sy bekroon is as Beste Aktrise vir haar rol as Annemie in Poppekas deur die Klein Libertas Theatre School-kompetisie. Christia het haar studies in Drama aan die ACT in Kaapstad voltooi. Nadat sy gegradueer het, het sy in talle nasionale en internasionale produksies gespeel, soos The Perfect Wave, Shakespeare se Cardenio by Maynardville en ook Nicola Hankom se Land van Skedels wat vier Fiësta-toekennings ontvang het. In 2014 vertolk sy die hoofrol van Jana van Tonder in die film Hollywood in my Huis, wat as Beste Film aangewys is by die Silwerskermfees 2014. Christia het ook die Gehoor-toekenning by die Silwerskermfees 2014 gewen.

Vennote & Borge