Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Lena Aucamp (Snr)

Lena Aucamp (Snr) vertolk deur Rolanda Marais

Hierdie 34-jarige meisie is ʼn impulsiewe en hoogs talentvolle skilder wat tot dusver bekend was vir haar ontwerpe van al haar kêrel, Jacques Rynhard, se romans. Lena is, nes Jacques, verlief op die liefde. Met Jacques as minnaar kyk sy deur deur ’n waas van romanse na die wêreld. Sy probeer sin maak uit haar bestaan en probeer om alles so te plooi dat dit haar in haar gemaksone hou. Maar dan gee sy vir die eerste keer uiting aan die donkerte in haar en verander haar skilderye radikaal. En begin sy besef dat sy nooit die moed gehad het om ten volle eerlik met haarself te wees nie.

Rolanda Marais

Rolanda is meestal bekend vir haar rolle as Stefanie in Binnelanders, Annelien in High Rollers en ook as speurder Blues Paddock in Charlie Jade. Sy het die hoofrol in die film Wolwedans in die Skemer, waarvan Jozua Malherbe die regie behartig het, gespeel. Rolanda se internasionale krediete sluit in Styx waarvan Alex Wright die regie gedoen het; Out on a Limb, waarin sy saam met Henry Goodman en Neil Stuke gespeel het; en Global Effect, waarvan Terry Cunningham die regisseur is en Arnold Vosloo en Madchen Amich ook verskyn. Sy het al talle toekennings vir beide TV- en teater-optredes ontvang en word as een van Suid-Afrika se beste aktrises beskou. Rolanda het in die klein dorpie Wellington in die Wes-Kaap grootgeword waar daar geen filmteaters was nie, maar wel ’n biblioteek gevul met boeke oor kuns en films. Haar onkonvensionele en unieke manier van storie-vertel en haar groot liefde en passie vir toneelspel het dus al in haar vroeë kinderjare gestalte aangeneem. In 1999 het sy haar Honneurs-graad in Drama en Afrikaanse en Hollandse literatuur aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Vennote & Borge