Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Leon van Nierop

Draaiboek- en storieskrywer

Leon van Nierop word omroeper-regisseur by die SAUK in 1975. Hy skryf radioverhale, TV-dramas en TV-reekse soos Wolwedans in die Skemer, Ballade vir ʼn Enkeling en verwerk Het van Verlangekraal. Hy skryf ook RSG se sesjaarlange sepie, Stralejakkers. Hy word beskou as Suid-Afrika se bekendste rolprentresensent. Hy doen resensies vir Rapport, Huisgenoot, RSG en Dekat. Hy behartig reeds 25 jaar die radioprogram Monitor se rolprentrubriek en skryf al 40 jaar lank resensies. Hy skryf tans ʼn boek oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprentbedryf, Daar Doer in die Fliek, wat in Februarie 2016 verskyn. Hy was vir vier jaar spesiale professor in film, asook hoof van die Filmskool by TUT. Hy het film vir 20 jaar by verskeie universiteite gedoseer. Hy skryf ook twee boeke oor rolprentwaardering. Hy het 29 romans geskryf waaronder Ballade vir ʼn Enkeling, Plesierengel, Verklikker en Snydokter, asook ʼn kabaret, Girly se Storie, wat by kunstefeeste opgevoer is. Hy was vir twee jaar verhaleredakteur by Vrouekeur. Hy is omroeper, nuusleser en regisseur by RSG en skryf al ses jaar lank RSG se jeugvervolgverhaal Ratels. Dit het ook as roman verskyn. Hy wen drie keer die Caxton-toekenning as beste skrywer. Hy wen ʼn prys in die Sanlam radiodrama-kompetisie vir Twyfelberg. Hy wen ʼn ATK-Veertjie as beste radio regisseur in 2010, en ʼn ATK-Veertjie vir sy dokumentêre program oor die Afrikaanse rolprent in 2011. Sy roman Snydokter, ʼn realiteitsdrama, wen drie pryse (twee ATK-Veertjies en een Loerie brons-medalje). Sy draaiboek vir Wolwedans in die Skemer is verfilm en die rolprent het R5 miljoen by die loket verdien. Dit het ook as roman verskyn en is as radioverhaal heropgevoer. Sy TV-reeks oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprent Daar Doer in die Fliek is op kykNET uitgesaai. Hy skiet tans aan ʼn vervolg. Daar word op die oomblik aan sy draaiboek, Ballade vir ʼn Enkeling geskiet. Die film word op 20 Maart 2015 uitgereik. Die roman het pas verskyn. Leon werk tans aan twee nuwe rolprentdraaiboeke. Verder skryf hy tallose artikels, reisrubrieke en verhale. Hy bly deels in Hazyview en in Johannesburg.

Vennote & Borge