Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Liebet Rynhard

Liebet Rynhard vertolk deur Helene Lombard

Liebet, Jacques se ma, kon ʼn model gewees het as sy nie swanger geraak het met Jacques nie. Hierdie swangerskap het haar ʼn gevangene van ʼn bleeksiel-man gemaak vir wie sy nooit werklik enige liefde gevoel het nie, en nou straf sy Jacques indirek daarvoor. Sy stort al haar energie in haar naaldwerk en haar potplante wat potgebonde op die stoep krepeer. Alhoewel sy lief is vir Jacques, word dié liefde geskaad deur haar eie vrese, neurose en selfsug. Maar haar grootste straf is die feit dat sy nooit haar ideale kon verwesenlik nie en in ʼn krot vasgekeer is wat haar kunstenaarsiel inperk.

Helene Lombard

Helene Lombard het haar BA Drama-graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi en daarna het sy ook ’n graad verwerf aan die American Academy of Dramatic Arts. Met uitgebreide opleiding en ervaring as ’n stemkunstenaar, is Helene uitstekend toegerus in Afrikaans en Engels en kan sy ook met groot gemak die volgende aksente namaak: Amerikaans, Indies, Italiaans, Spaans, Russies, Frans en Brits. Helene is al vir die afgelope 17 jaar ’n aktrise. In 1997 het sy groot opspraak gemaak met haar titelrol in die blyspel Frieda Kahlo’s Eyes wat deur Harry Kalmer geskryf is. Haar onvergeetlike toneelspel in The Bald Soprano en Die Man met die Dertien Kinders het Helene gevestig as ’n merkwaardige aktrise. Sy is meestal beskend vir haar rol as Sandra Sutterheim in die sepie 7de Laan. Ander televisiekrediete sluit die volgende in: Generations, Konsternasie Oppie Stasie, Life is Wild, Pandjieswinkelstories, Geraamtes in die Kas, Donkerland, Scandal! en Mooiloop. Helene het ook in die films Bakgat!, Hanna Hoekom (regie deur Regardt van der Berg) en French Toast verskyn.

Vennote & Borge