Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Mysi Moolman

Mysi Moolman vertolk deur Cindy Swanepoel

Mysi Moolman se ekstroverte persoonlikheid het nog altyd in die pad van haar verhoudings gestaan. Sy is ʼn 30-jarige fotograaf by die skindertydskrif Montage wat sy weens haar siniese, pikswart humorsin die lewe en haar moeilike redakteur, Gavin, oorleef het. Sy het al verskeie kortstondige verhoudings gehad, maar omdat sy so hoogs individualisties en uitgesproke is, kon sy nie tot dusver kry na wie sy soek nie. Sy is toegewyd en lojaal teenoor haar vriende. Maar sy het ʼn presiese en baie fyn oog vir foto’s en die foute van haar beste vriendin, Carina. Sy is ook verwoestend eerlik.

Cindy Swanepoel

Cindy Swanepoel het in 2003 met ’n BDRAM-graad aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer. Sy het uitstekende ondervinding in kinder-, korporatiewe-, onderrig- en industriële teater. Sy het al in meer as 20 kinderproduksies verskyn. Verhoogproduksies waarin sy die hoofrol vertolk sluit in Kringe in ’n Bos, ’n Tyd om Lief te Hê, Houtkruis: Die Musical, Dalliances, The Crucible en Curl Up and Dye. Sy is tans besig met die komedie My Boetie se Sussie se Ou wat na alle Afrikaanse feeste in Suid-Afrika en Namibië reis. Dit is ook by die Oppiwater Kunstefees op die MSC Opera vertoon. Teaterstukke waarin sy verskyn, sluit Equus, Drif en Mysterious Skin in. Cindy het ook baie ondervinding voor die kamera. Sy het al haar verskyning in sepies soos Egoli, 7de Laan, Villa Rosa en Generations gemaak. Sy het ook as gasspeler in die volgende dramareekse verskyn: 90 Plein Street, The Mating Game, Geraamtes in die Kas, Sterlopers, Pandjieswinkelstories en Ons Stories. Cindy het ook in die reeks Laugh out Loud verskyn. Sy is ook ’n gasspeler in die gewilde komedie-reeks Proesstraat. Cindy was ook te sien by vanjaar se Silwerskermfees in die kortfilm Eenrigting waarvoor sy genomineer is as Beste Aktrise. Sy het ook haar eie produksiemaatskappy, Poko Produksies, wat spesialiseer in skadu-teater. Poko Produksies het al vir SASOL, SA Mint en PPC Cement unieke “skadu-vertonings” verskaf. Poko was ook genooi om by die Fleur de Cap Theatre Awards en Oppikoppi op te tree.

Vennote & Borge