Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

'Ware Jakob' vir 'Ballade'

Thursday, 02 October 2014

Dit is altyd lekkerder as jou stel die ware Jakob is.

So het Dries Scholtz, lynvervaardiger van die rolprent Ballade vir ’n Enkeling, Sondag gesê.

“Om by ’n regte nuuskantoor te kan skiet, is ’n reuse-voorreg, dit maak die film nog meer realisties,” het Scholtz gesê.

Die rolprent word tans by City Press se nuuskantoor in Mediapark, Aucklandpark verfilm.

“City Press is nou ons rolprent se fiktiewe koerant, Montage, se nuuskantoor. Dit is die tabloidkoerant waar Carina Human (DonnaLee Roberts) werk. Maar eintlik smag sy daarna om by ’n meer ernstige koerant, soos Rapport, te werk.”

Volgens Scholtz gaan hulle Maandag by Beeld en Rapport se nuuskantoor verfilm, waar Roberts ’n afspraak met Anel Alexander se karakter sal hê.

“Ons wil daardie regte werkende gevoel verfilm, ons wil wys hoe besig ’n nuuskantoor is.”

Ballade vir ’n Enkeling, wat binnekort klaar geskiet gaan word, is volgens Scholtz reeds ’n goeie produk.

“Die akteurs se spel, die stel, die produksiespan is almal uitstekend. Dit het al ons verwagtinge oorskry. Ek dink dit kan volgende jaar se rolprent van die jaar wees.”

Ballade vir ’n Enkeling gaan in Maart 2015 op die silwerskerm draai.

Lees die Oorspronklike Artikel hier

Vennote & Borge